American Institute of Architects





American Institute of Architects (AIA)

Washington, DC
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State


Stigting

23 Februarie 1857


Tipe

Nie-regeringsorganisasie (NRO)


Hoof uitvoerende beampte

Robert A. Ivy, FAIA


AIA Voorsitter

L. Jane Frederick, FAIA


Webtuiste
www.aia.org

Die American Institute of Architects (AIA) is die leidende beroepsorganisasie van Amerikaanse argitekte wat in 1857 deur dertien argitekte in New York gestig is en sy hoofkwartier sedert 1898 in die historiese Octagon House in Washington, DC gehad het. Die hoofkantoor is later verskuif na die American Center for Architecture, 'n moderne kantoorgebou vlakby Octagon House wat in die 1960's opgerig is.

Die AIA se ledetal van meer as 94 000 sluit gelisensieerde argitekte (AIA - Licensed Architects), beroepslui in bouverwante beroepe soos bou-ingenieurs en vennote in wat in meer as 260 afdelings op deelstaat- en plaaslike vlak georganiseer is. Die eerste internasionale AIA-afdeling vir Amerikaanse argitekte en praktyke, wat in die buiteland werksaam is, is in 1993 in Londen gevestig. Later het afdelings in vastelandse Europa (1994), Hong Kong (1997), Japan (2005), die Midde-Ooste (2010) en Shanghai (2015) gevolg.[1]

Die AIA voer 'n verskeidenheid programme deur ter bevordering van die argiteksberoep. Sy aktiwiteite sluit ook die toekenning van eerbewyse en pryse in soos die AIA se Goue Medalje en die Architecture Firm Award. Die AIA tree daarnaas as gasheer op van die jaarlikse AIA National Convention and Design Exposition, een van die grootste vergaderings van argitekte en professionele ontwerpers in die Verenigde State. Die AIA organiseer 'n jaarlikse konferensie oor argitektuur waarvan die volgende, die A’20 Conference on Architecture 2020, tussen 14 en 16 Mei 2020 in Los Angeles gehou sou word.[2] Die konferensie is as gevolg van die Koronavirus-pandemie gekanselleer en sal nie herskeduleer word nie.

  1. new.aia.org: History. Besoek op 22 Mei 2016
  2. AIA Conference on Architecture 2020. Besoek op 7 November 2019

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search